Die wêreld in foto’s – 27 November 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Henri, groothertog van Luxemburg, tweede van regs, en prinses Alexandra, links, word Maandag by ʼn staatsbanket in Tokio verwelkom deur keiser Akihito en keiserin Michiko. (Foto: Issei Kato, AP)

TV-spanne het Maandag stelling ingeneem buite die Kensington-paleis in Londen nadat prins Harry en Meghan Markle hul verlowing aangekondig het. Dié twee beplan om in die noordelike lente te trou. (Foto: Alastair Grant, AP)

ʼn Olifant word gebruik op ʼn huis te sloop in die Amchang-wildreservaat in Assam in Indië. Honderde mense wat onwettig in die beskermde bosgebied woon se huise is deur die polisie gesloop. (Foto: Anupam Nath, AP)

Polisiebeamptes Maandag besig om bewysstukke te versamel nadat oortreders oornag vensters gebreek het by ʼn Moslem-kultuursentrum in Warschau in Pole. Die sentrum wat in 2015 geopen het sluit ʼn moskee in. (Foto: Czarek Sokolowski, AP)

Die vulkaniese uitbarsting van Berg Agung in Bali, Indonesië, het Maandag daartoe gelei dat die internasionale lughawe gesluit is. Duisende toeriste is op die eiland gestrand gelaat. (Foto: Firdia Lisnawati, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.