Die wêreld in foto’s – 27 November 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Palestynse paramedici dra ʼn gewonde man op ’n draagbaar tydens botsings met Israelse troepe naby die Israelse grens in die noordelike Gasa-strook. Minstens drie Palestyne is vandeesweek beseer en dosyne byna versmoor nadat traangas tydens die skermutselings gebruik is. (Foto: Xinhua)

Indiese mans maak Dinsdag sand bymekaar van die besoedelde oewer van die Tawi-rivier vir gebruik in Jammu, Indië. (Foto: Channi Anand, AP)

Donald Trump, president van die VSA, praat met verslaggewers buite die Withuis in Washington DC. Trump het gesê hy hoop dat die huidige konflik tussen die Oekraïne en Rusland spoedig uitgeklaar kan word. (Foto: Ting Shen, Xinhua)

Jean-Yves le Drian, die Franse minister van buitelandse sake, Dinsdag tydens ’n mediakonferensie met sy Russiese eweknie, Serguei Lavrov, in die Quai d’Orsay in Parys. Die regering van Frankryk dring daarop aan dat Rusland Oekraïnse skepe en hul bemanning vrylaat nadat die Russe op die skepe beslag gelê het. (Foto: Thibault Camus, AP)

Klaus Iohannis, president van Roemenië, Dinsdag tydens ʼn verwelkomingsgeleentheid in Parys. Iohannis sal op ’n latere stadium met die Franse president, Emmanuel Macron, vergader. (Foto: Yoan Valat, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.