Die wêreld in foto’s – 27 Oktober 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

wêreld-foto

ʼn Vlugteling in die sogenaamde oerwoud-kamp naby Calais in die noorde van Frankryk maak gereed om ontruim te word. Frankryk het Maandag begin met die ontruiming van dié kamp. Duisende mense wat gevlug het voor oorlog en armoede leef in haglike omstandighede in dié kamp. Foto: Matt Dunham/AP

wêreld-foto

Brandbestryders bekyk die skade wat ʼn aardbewing aangerig het in Visso, Italië. Verskeie geboue het inmekaar getuimel wat kragonderbrekings veroorsaak. Die aardbewing volg ná daar net twee maande gelede ook ʼn aardbewing was waartydens ongeveer 300 mense gesterf het. Foto: Sandro Perozzi/ AP

wêreld-foto

ʼn Helikopter met pres. Rodrigo Duterte van die Filippyne aan boord land op een van Japan se skepe in Yokohama tydens ʼn drie-dag-besoek aan Japan. Foto: Eugene Hoshiko/AP

wereld-foto-4

Hewige sneeu val in die Yuzhongstreek in China se Gansu-provinsie. Foto: Fan Peishen/Xinhua

wereld-foto-3

Modelle vertoon ontwerpe van die ontwerper Xie Jiaqi tydens China se modeweek. Foto: Lu Peng/ Xinhua

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Verwonderd ·

Genade… Wanneer laas het ek ‘n vrou met ‘n rok aan gesien…? Hoekom dra almal die heeltyd broeke?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.