Die wêreld in foto’s – 26 Oktober 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Die silhoeët van ’n Chinese paramilitêre polisieman naby die Tiananmen-poort in Beijing. Die Japanse premier, Shinzo Abe, het Vrydag ʼn tweede ontmoeting met sy Chinese eweknie, Li Keqiang, gehad. Dit was die eerste formele besoek aan Beijing deur ʼn Japanse leier in byna sewe jaar. (Foto: Andy Wong, AP)

Tony Finau van die VSA neem Vrydag deel aan die tweede ronde van die HSBC Champions-gholftoernooi by die Sheshan Internasionale Gholfklub in Sjanghai. (Foto: Ng Han Guan, AP)

Naomi Osaka van Japan Vrydag in aksie teen Kiki Bertens van Nederland tydens die WTA-tenniseindstryd in Singapoer. (Foto: Vincent Thian, AP)

Bejaardes met demensie berei voor vir hul eie teaterproduksie onder leiding van akteurs van ʼn teatermaatskappy in Athene, Griekeland. (Foto: Marios Lolos, Xinhua)

ʼn Hond sit Vrydag in ʼn mandjie op ʼn fiets in Milaan, Italië. (Foto: Luca Bruno, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

humor ·

MM dit blyk dat julle die nuus van die “huwelik” verwyder het. Dankie man ……….Dankie man!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.