Die wêreld in foto’s – 27 September 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

wêreld-foto

Zimbabwe se president, Robert Mugabe, lewer ʼn toespraak by die Harare Internasionale Lughawe, terwyl Zanu-PF ondersteuners hom verwelkom nadat hy in die VSA was. Foto: (Xinhua)

wêreld-foto

Reddingswerkers is by ʼn toneel waar ʼn bus met Chinese studente in ʼn boom vasgery het by Yosemite Nasionale Park naby Oakhurst, Kalifornië. Volgens plaaslike owerhede is een student dood en 11 ander beseer. Foto: Craig Kohlruss/The Fresno Bee via AP

wêreld-foto

ʼn Lid van die Noord-Koreaanse weermag staan wag terwyl burgers die landsvlag laat wapper tydens ʼn lugskou in Wonsan, Noord-Korea. Die lugskou is gehou ter viering van die nuwe kommersiële lughawe wat in dié stad opgegradeer is om toerisme te bevorder. Foto: (AP/Wong Maye-E, File)

wêreld-foto (1)

ʼn Israelse werker in Tel Aviv berei ʼn horing voor, wat gebruik sal word tydens Rosh Hashana, ook bekend as die nuwe Joodse jaar, wat op 2 Oktober begin. Die horings, wat bekend staan as die “Shofar”, word geblaas tydens gebede in sinagoges. Foto: (Xinhua/Gil Cohen Magen) (lrz)

wêreld-foto (3)

ʼn Dorpenaar, van Wuji in China, speel die “Lusheng”, ʼn tradisionele instrument eie aan die Miao-kultuur. Dié bevolking se handwerk is goed bewaar in hierdie gebied. Foto: (Xinhua/Ren Pengfei) (zwx)

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.