Die wêreld in foto’s – 27 September 2018

Foto’s bied ’n blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ’n slag.

Perde wei Donderdag kort ná sonsopkoms naby Hackenbroich in Wes-Duitsland. (Foto: Federico Gambarini, AP)

’n Besoeker verkyk hom aan ’n foto by die uitstalling “Japan Modern: Foto’s van Gloria Katz en Willard Huyck” by die Freer-kunsgalery en die Arthur M. Sackler-galery in Washington. Dié uitstalling bevat kunswerk deur twintigste-eeuse fotograwe. (Foto: Liu Jie, Xinhua)

’n Siberiese tier spring Donderdag in die water in die Hagenbeck-dieretuin in Hamburg, Duitsland. (Foto: Axel Heimken, AP)

Modelle pronk Donderdag in uitrustings van Manish Arora se 2019-lente/somerreeks wat in Parys, Frankryk, te sien is. (Foto: Christophe Ena, AP)

Recep Tayyip Erdogan, die president van Turkye, en sy vrou, Emine, sit Donderdag agter in ’n motor ná hul aankoms by die Tegel-lughawe vir ’n amptelike staatsbesoek in Berlyn, Duitsland. (Foto: Markus Schreiber, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.