Die wêreld in foto’s – 28 April 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Andre, Markus en Mani geniet ʼn gesellige buitelugkuier in ʼn borrelbad op die Stanserhornberg in Switserland. Dié land ervaar tans yskoue vriesweer wat buitengewoon vir April is. Foto: Alexandra Wey, AP

Ciprus se president, Nicos Anastasiades, word ontvang deur ʼn erewag by die presidensiële paleis in Nieu-Delhi, Indië. Foto: Manish Swarup, AP

Felipe Melo van Brasilië en Matias Mier van Uruguay raak handgemeen tydens ʼn sokkerwedstryd tussen Palmeiras en Penarol in Uruguay. Foto: Matilde Campodonico, AP

Steven Peebles van Georgia ry ʼn perd bloots tydens die Corpus Christi Rodeo in Texas, VSA. Foto: Courtney Sacco, AP

Dié twee Ferriswiele voor die Karlsruhe-kasteel in Duitsland is simbolies vir die uitvindsel van die fiets wat in 1817 deur Karl Drais ontwerp is. Foto: Uli Deck, AP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.