Die wêreld in foto’s – 28 April 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Sedert die uitbreking van Covid-19 het lande wêreldwyd sosiale distansiëring aangemoedig of algehele landwye afsonderingstydperke ingestel. In ʼn poging om een van Nederland se belangrikste feesdae te vier, het talle mense Maandag in Nederland sosiale distansiëring toegepas tydens vanjaar se Koningsdag-feesviering.

Amsterdam word jaarliks deur meer as ʼn miljoen mense besoek vir die viering van Koningsdag. Dié nasionale vakansiedag word op koning Willem-Alexander se verjaardag gehou en is oorspronklik bedoel om nasionale eenheid te bevorder deur die Nederlandse koninklike familie te vereer.

Só vier verantwoordelike Nederlanders dié belangrike feesdag tydens die Covid-19-pandemie.

Mense pas sosiale distansiëring toe terwyl hulle wag om koffie en koeldrank op Koningsdag in Amsterdam, Nederland, te koop. (Foto: Peter Dejong, AP)

Mense staan voor die koninklike paleis, Huis Ten Bosch, op Koningsdag in Den Haag, Nederland. (Foto: Mike Corder, AP)

Vroue vier Koningsdag in hul tuiste in Amsterdam, Nederland. (Foto: Peter Dejong, AP)

Twee vroue deel gratis tulpe uit tydens Koningsdag in Amsterdam, Nederland. (Foto: Peter Dejong, AP)

ʼn Man op ʼn boot maak musiek vir bejaardes wat ingeperk is tydens die Koningsdag-feesviering in Heemstede, Nederland. (Foto: Peter Dejong, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.