Die wêreld in foto’s – 28 Augustus 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Meisie loop op die strand ná afloop van die tropiese storm, Dorian, in die Condado-distrik van San Juan, Puerto Rico. Volgens die Orkaansentrum kan die storm gevaarlik raak. (Foto: Ramon Espinosa, AP)

Vakmanne berei die Hacker Pschorr-biertent voor vir die Oktoberfees in München, Duitsland. Die wêreld se grootste bierfees skop 21 September af en gaan tot 6 Oktober voortduur. (Foto: Matthias Schrader, AP)

Mense vergader rondom ʼn fontein voor die Old Opera in Frankfurt, Duitsland, op ʼn warm somersaand. (Foto: Michael Probst, AP)

Boston Red Sox se Eduardo Rodriguez in aksie teen Colorado Rockies se eerste skof van ʼn bofbalwedstryd in Denver. (Foto: David Zalubowski, AP)

Novak Djokovic van Serwië dien vir Juan Ignacio Londero van Argentinië tydens die tweede rondte van die VSA Ope-tennistoernooi in New York. (Foto: Charles Krupa, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.