Die wêreld in foto’s – 28 Augustus 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Te midde van die Covid-19-pandemie was daar ʼn vuurwerkvertoning naby die Washington-monument in die VSA op die vierde dag van die Republikeine se nasionale konvensie.

Talle protesoptogte het egter om die Withuis gewoed ná pres. Donald Trump sy aanvaardingstoespraak gelewer het.

Vuurwerk word in die agtergrond afgevuur terwyl betogers verligte plakkate vashou in protes teen pres. Donald Trump. (Foto: Carolyn Kaster, AP)

Mense kyk na die vuurwerkvertoning by die Washington-monument. (Foto: Andrew Harnik, AP)

Betogers staan voor die Withuis tydens ʼn vuurwerkvertoning. (Foto: Julio Cortez, AP)

Mense kyk na die vuurwerkvertoning ná die vierde dag van die Republikeine se nasionale konvensie. (Foto: Andrew Harnik, AP)

Betogers hou verligte plakkate vas tydens die vuurwerkvertoning naby die Washington-monument. (Foto: Carolyn Kaster, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Niklaas ·

Daar is werklik soveel Amerikaners wat blykbaar hul president blameer vir die sterftes agv die Covid 19 virus. Hoe belaglik. Gebreinspoel deur CNN en kandidaat Biden

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.