Die wêreld in foto’s – 28 Februarie 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

wereld-foto-1

ʼn Pa van Indië voer ʼn begrafnisritueel uit ná sy 32-jarige ingenieurseun doodgeskiet is in Kansas, in die VSA. Foto: Mahesh Kumar A, AP

wereld-foto-8

Studente in Parys, Frankryk, betoog teen polisiegeweld. Foto: Thibault Camus, AP

wereld-foto-7

Kate, die hertogin van Cambridge, ontmoet baba Mia tydens die opening van ʼn Ronald McDonald-huis in Londen – ʼn verblyfplek vir ouers en hul gesinne wie se kinders hospitaalbehandeling ver van die huis af moet ontvang. Foto: Jeremy Selwyn, AP

wereld-foto-6

Kaia Larkas (middel) het die eerste plek gewen tydens ʼn pannekoek-wedloop in Olney, Engeland. Foto: Alastair Grant, AP

wereld-foto-9

Gemaskerde feesgangers neem deel aan ʼn driedag-karnaval in Binche, ongeveer 60 km van Brussel, België. Foto: Ye Pingfan, Xinhua

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.