Die wêreld in foto’s – 28 Februarie 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Pous Franciskus groet gelowiges wat Woensdag by die St. Pieterskerk in die Vatikaan bymekaarkom. As gevolg van die groot aantal gelowiges wat hier bymekaargekom het, het die pous ’n kort besoek aan die St. Pieterskerk afgelê. (Foto: Gregorio Borgia, AP)

Mense loop Woensdag deur ’n sneeubedekte Castillo-plein in Pamplona in die noorde van Spanje. Owerhede het swaar sneeuval en uiters lae temperature in Noord-Spanje voorspel. (Foto: Alvaro Barrientos, AP)

Mark Vande Hei, ʼn Amerikaanse Nasa-ruimtevaarder, ontvang Woensdag ’n tradisionele Kazachse hoed tydens ’n mediakonferensie in die Kazachse stad Zhezkazgan in Kazachstan. Drie ruimtevaarders van die internasionale ruimtestasie het ’n koue Sentraal-Asië besoek ná ’n sending van vyf en ’n half maande. (Foto: Alexander Nemenov, AP)

Konstruksie aan die spoorweg tussen Beijing, China, en die Xiongan-gebied van die Hebei-provinsie in Noord-China, begin Woensdag in dié gebied. Die spoorlyn sal oor 92,4 km strek. Die tog sal sowat 30 minute duur. (Foto: Xing Guangli, Xinhua)

Lede van die Labrang-klooster dra Woensdag ’n groot skildery van Boeddha by ’n heuwel op vir ’n vertoonritueel in Xiahe in Noordwes-China se Gansu-provinsie. Die Labrang-klooster is een van die ses grootste tempels van die Gelug-orde van Tibettaanse Boeddhisme. Dié jaarlikse uitstalling van die Buddha Thangka, ’n Tibettaanse Boeddhistiese skildery, is ʼn Tibettaanse Boeddhisme-tradisie waartydens gelowiges vir ’n geseënde jaar bid. (Foto: Fan Peishen, Xinhua)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.