Die wêreld in foto’s – 28 Februarie 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

President Donald Trump van die VSA vergader met Kim Jong-oen, leier van Noord-Korea. (Foto: Evan Vucci, AP)

Indiese passasier Abida Bano huil toe sy by die Lahore treinstasie in Lahore, Pakistan, aankom om na Indië te reis. Pakistan se regering het die werking van die Samjhuta Express wat van Lahore tot Nieu-Delhi in Indië loop, tydelik gestaak nadat spanning tussen die twee lande oor kernwapens toegeneem het. (Foto: KM Chaudary, AP)

’n Seun wys sy rooi geverfde hand om sy steun vir die Pink Shirt Day-veldtog teen geweld in sy portuurgroep te toon. Tydens hierdie geleentheid kom talle mense bymekaar om ’n bewusmaking van die voorkoming van geweld in hulle portuurgroep te skep. Die geleentheid het Woensdag in die middestad van Sarajevo, Bosnië, plaasgevind en honderde inwoners het dit bygewoon. (Foto: Nedim Grabovica, Xinhua)

Spanje se Rafael Nadal jaag die tennisbal tydens die tweede ronde van sy Mexikaanse Tennis Ope-wedstryd teen Australië se Nick Kyrgios in Acapulco, Mexiko. (Foto: Rebecca Blackwell, AP)

Spelers van Argentinië staan in ’n kringetjie kort voor die afskop van die tweede helfte van ’n sokkerwedstryd teen Suid-Korea as deel van die Nasies-beker in Sydney. (Foto: Rick Rycroft, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.