Die wêreld in foto’s – 28 Februarie 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Feesganger geklee in ʼn Spider-Man-kostuum poseer tydens die hemel-op-aarde-straatpartytjie in Rio de Janeiro, Brasilië. Feesgangers is al van vroegoggend af in die strate van Santa Teresa vir een van vele blokpartytjies tydens die Karnaval-vieringe. (Foto: Leo Correa, AP)

ʼn Portret van Cristiano Ronaldo, die Portugese sokkerster, versier die werksruimte van die La Corona-sigaarfabriek in Havana, Kuba. Die fabriek het Donderdag hul deure vir die pers geopen tydens die jaarlikse Havana-sigaarfees waar sigaar-entoesiaste van reg oor die wêreld byeenkom vir ʼn glansgeleentheid en ʼn veiling van klamhouers (humidors). (Foto: Ramon Espinosa, AP)

Amerikaanse soldate beveilig Hat Yao-strand in die Chonburi-provinsie in die ooste van Thailand tydens die gesamentlike Amerikaans-Thaise militêre oefening, genaamd Cobra Gold. Altesaam nege-en-twintig lande neem deel aan dié militêre oefening wat dit die grootste aktiwiteit van sy soort in die Asiaties-Stille Oseaan-streek maak. (Foto: Sakchai Lalit, AP)

ʼn Turkse migrant hou ʼn baba vas op die Griekse eiland van Lesbos nadat hulle die Egeïese See vanaf Turkye oorsteek het. ʼn Lugaanval deur Sirië het Vrydag hordes Turkse soldate in die noordooste van Sirië afgemaai. (Foto: Micheal Varaklas, AP)

Anna Fernstaedtova van die Tsjeggiese Republiek neem deel aan die skeleton-kompetisie by die Bobslee- en Skeleton-wêreldkampioenskap in Altenberg, Oos-Duitsland. (Foto: Jens Meyer, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.