Die wêreld in foto’s – 28 Januarie 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

’n Man stap met sy hond in Toronto, Kanada. ’n Winterstorm het Toronto Sondag 27 Januarie getref. (Foto: Zou Zheng, Xinhua)

’n Roos op die gedenkteken ter nagedagtenis van die vermoorde Jode van Europa in Berlyn, Duitsland. Hierdie gedenkteken, in die middel van Berlyn, is opgerig ter nagedagtenis aan die ses miljoen Jode wat tydens die Tweede Wêreldoorlog vermoor is. Die Verenigde Nasies se algemene vergadering het in 2005 ’n resolusie aanvaar waarvolgens 27 Januarie as Internasionale Herdenkingsdag aangewys is ter herinnering aan die slagoffers van die Joodse menseslagting. (Foto: Shan Yugi, Xinhua)

’n Meisie, geklee soos ’n haas, woon die klimaatoptog by in Brussel, België. Dié massiewe optog, “Rise for Climate”, het Sondag in Brussel plaasgevind waar tienduisende betogers ’n beroep op die Belgiese regering gedoen het om ’n groter poging aan te wend om klimaatsverandering te hanteer. (Foto: Zhang Cheng, Xinhua)

Lady Gaga arriveer by die 25ste jaarlike Screen Actors Guild-toekenningsaand by die Shrine-ouditorium en Expo-saal in Los Angeles. (Foto: Jordan Strauss, AP)

Cleveland Cavaliers se Cedi Osman (links) vier saam met Larry Nance jr. (middel) en Rodney Hood (regs) hulle 104-101-oorwinning teen die Chicago Bulls in ’n NBA basketbal-wedstryd in Chicago. (Foto: Nam Y. Huh, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.