Die wêreld in foto’s – 28 Januarie 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Eric McGill van die voëlbewaring- en bewusmakingsonderneming Earthwings hou ʼn arenduil vas in Park City, Utah, tydens die 2020 Sundance-rolprentfees. (Foto: Arthur Mola, AP)

Voorskoolse kinders, een met ʼn gesigsmasker, sing Thailand se volkslied in Bangkok. Dié land se departement van openbare ondernemings het aangekondig dat daar nou 14 aangemelde voorvalle van die nuwe koronavirus in Thailand is. (Foto: Gemunu Amarasinghe, AP)

Dr. Khamis Hassan Bakari van Tanzanië staan in ʼn straat in die Chinese stad Wuhan. Bakari is een van 4 000 Afrika-studente in die stad van 11 miljoen mense en deel gereeld die jongste inligting oor die uitbreking van die nuwe koronavirus op sosiale media. (Foto: Khamis Hassan Bakari, AP)

Palestynse burgers met ʼn plakkaat van pres. Donald Trump terwyl hulle teen die Amerikaanse vredesplan in Bethlehem betoog. Israel se premier, Benjamin Netanyahu, het Sondagaand in Washington aangekom vir die onthulling van die Amerikaanse administrasie se plan om die Israel-Palestynse konflik op te los. (Foto: Mahmoud Illean, AP)

Doug Perez van die VSA en sy Chinese vriendin trek vir Chubby, hul labrador, ʼn gesigmasker aan voordat hulle ʼn draai in Wuhan gaan stap. Terwyl honderde Amerikaners hulle regmaak om Wuhan te verlaat weens die uitbreking van die nuwe koronavirus, het Perez besluit om saam met sy vriendin en hond in die stad aan te bly. (Foto: Doug Perez, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.