Die wêreld in foto’s – 28 Julie 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Motor wat in die slag gebly het toe bome ontwortel is in die Viëtnamese hoofstad, Hanoi. Stormsterk winde en gietende reën meegebring deur die tifoon Mirinae het Hanoi Donderdag geteister. Een persoon is dood en vyf ernstig beseer. Foto: Xinhua/VNA/ wire.africannewsagency.com

Alexander Zhukov, president van die Russiese Olimpiese komitee, (tweede van links) en patriarg Kirill, hoof van die Russies-Ortodokse kerk, (middel in swart en wit) poseer vir ʼn foto saam met Rusland se Olimpiese span voor die Kremlin se Hemelvaart-kathedraal in Moskou. Soveel as 105 atlete van Rusland se Olimpiese span van 387 is verbied om aan die 2016 Olimpiese Spele in Rio de Janeiro deel te neem na aanleiding van ʼn verbode-opkikkerskandaal. Foto: AP Photo/Alexander Zemlianichenko/ wire.africannewsagency.com
Mense trek saam rondom vreugdevure saam vir ʼn fakkelfees in die Chinese stad Xichang. Meer as 500 000 mense het aan dié fees deelgeneem. Foto: Xinhua/Liu Kun/wire.africannewsagency.com

Ondersteuners van Etienne Tshisekedi, die Kongo se opposisieleier, op ʼn vragmotor by die N'djili-lughawe in Kinshasa in afwagting van sy aankoms. Dit is Tshisekedi se eerste tuiskoms ná twee jaar in die buiteland vir mediese redes. Politieke spanning is besig om op te laai voor November se verkiesing in dié land. Foto: AP Photo/John Bompengo/ wire.africannewsagency.com

Ondersteuners van Etienne Tshisekedi, die Kongo se opposisieleier, op ʼn vragmotor by die N’djili-lughawe in Kinshasa in afwagting van sy aankoms. Dit is Tshisekedi se eerste tuiskoms ná twee jaar in die buiteland vir mediese redes. Politieke spanning is besig om op te laai voor November se verkiesing in dié land. Foto: AP Photo/John Bompengo/ wire.africannewsagency.com

Chincoteague-ponies in die Assateague-kanaal tydens die 91ste jaarlikse Chincoteague-swemkompetisie vir dié perde in die Amerikaanse deelstaat Virginië. Foto: Jay Diem/The Daily Times via AP/ wire.africannewsagency.com

ʼn Nutsman by ʼn skool in Makati-stad, oos van Manila in die Filippyne, besig om ʼn vloerskildery van die Maleisiese lugdiens se vlug 370 te mop. Australiese owerhede het Donderdag bevestig dat inligting wat uit die kaptein se persoonlike vlugsimulator verkry is, daarop dui dat iemand die toestel gebruik het om ʼn roete na die suidelike Indiese Oseaan te beplan – waar die vermiste straler waarskynlik neergestort het. Foto: AP Photo/Bullit Marquez, File/ wire.africannewsagency.com

 ʼn Ysbeer in die Detroit-dieretuin in die VSA besig om te smul aan bevrore lekkernye wat hom gevoer is as deel van ʼn speelaktiwiteit wat dié diere dwing om hul kos uit ys te grawe. Foto: Mandi Wright/Detroit Free Press via AP/ wire.africannewsagency.com

Carissa Moore, die Hawaiiese branderplankryer, neem deel aan die Amerikaanse Ope neffens die pier op die Huntington-strand in Kalifornië. Foto: Kyusung Gong/The Orange County Register via AP/ wire.africannewsagency.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.