Die wêreld in foto’s – 28 Julie 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Brittanje het aangekondig dat Spanje weer as onveilig gelys is te midde van die Covid-19-pandemie. Gevolglik word alle toeriste wat van Spanje na Brittanje reis vir 14 dae in kwarantyn geplaas.

Só geniet toeriste intussen Spanje se besienswaardighede.

ʼn Vrou neem foto’s in ʼn dorp op Majorka, een van die Baleariese Eilande. Foto: Joan Mateu, AP)

ʼn Toeris bewonder die uitsig op Majorka. (Foto: Joan Mateu, AP)

Toeriste op pad na ʼn uitkykpunt op Majorka, een van Spanje se Baleariese Eilande. (Foto: Joan Mateu, AP)

Besoekers by ʼn uitkykpunt op Majorka. (Foto: Joan Mateu, AP)

ʼn Paartjie neem foto’s by ʼn uitkykpunt. (Foto: Joan Mateu, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

JohanR ·

En hier kan jy in ‘n minibus taxi ry met 30 mense solank elke venster ‘n skreefie oop is, almal ‘n masker dra, die hande is geruinnig en jy probeer om tenminste 1M weg te bly van die ander 29 passasiers af. Maar jy mag nie Sondag gaan braai by die skoon ouers nie. Werk ‘n 30 percenter brein anders as ‘n 70 percenter brein, of werk almal se breins heel goed behalwe ‘n ANC brein?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.