Die wêreld in foto’s – 28 Junie 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Mense in panda-kostuums poseer voor ʼn Chengdu Lugredery ARJ21-700 vliegtuig voor sy eerste kommersiële vlug van die Chengdu Shuangliu Internasionale Lughawe in Suidwes-China se Sichuan provinsie. Die ARJ21-700 is Chjina se eerste plaaslik-vervaardigde vliegtuig en bied sitplek vir 78 tot 90 passasiers. Foto: Ding Ting/Xinhua via AP/ wire.africannewsagency.com

Twee sekuriteitsbeamptes loop verby vlae van die EU voordat ʼn EU-beraad in Brussel begin. EU-staatshoofde en –regerings vergader vandag en môre vir die eerste keer in Brussel sedert Brittanje gestem het om die EU te verlaat. Foto: Virginia Mayo via AP/ wire.africannewsagency.com

Direkteur-generaal van die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie (UNESCO), Irina Bokova, praat tydens ʼn vergadering in Montevideo, Uruguay. Volgens plaaslike media is ʼn memorandum van verstandhouding onderteken tussen die ministerie van onderwys en kultuur en UNESCO om ʼn raamwerk vir bilaterale samewerking op die gebied van opvoeding, kultuur, natuurlike en sosiale wetenskappe en kommunikasie in Uruguay te formaliseer. Foto: Xinhua /Nicolas Celaya(JP)(ah)/ wire.africannewsagency.com

 ʼn Mediese span van International Animal Rescue behandel ʼn lui-aap by ʼn reddingsentrum in Wes-Java, Indonesië. Die lui-aap is een van die wêreld se mees bedreigde spesies. Foto: Xinhua/Jefri Tarigan/ wire.africannewsagency.com

Die opgeknapte Place Vendome-pilaar word belig tydens die amptelike inhuldigingseremonie in Parys, Frankryk. Die sakeman, Mohammed Al Fayed, het die herstelling befonds. Foto: Kamil Zihnioglu via AP/ wire.africannewsagency.com

Ondersteuners van die Argentynse nasionale sokkerspan wag vir die span se spelers by die lughawe in Buenos Aires in Argentinië, met plakkate wat in Spaans lui: “Messi moenie gaan nie.” Die span se ster, Lionel Messi, sê hy gaan bedank nadat die nasionale span vir die derde agtereenvolgende keer ʼn eindstryd verloor het. Foto: Natacha Pisarenko via AP/ wire.africannewsagency.com

ʼn Groep studente help ʼn mede-student om ʼn sokkerbal van ʼn dak af te kry tydens straatsokker in Mexiko-stad. Polisie het die strate, wat lei na Mexiko se departement binnelandse sake, afgesper voor ʼn beplande optog deur ʼn onderwysers-unie, wat staak teen planne om die land se onderwysstelsel op te knap. Dié stelsel sluit ʼn federale mandaat in om onderwysers te evalueer. Foto: Nick Wagner via AP/ wire.africannewsagency.com

Vroue en kinders, wie se tuisdorpies in Noord-Ramadi deur die Islamitiese Staat beset is, arriveer by ʼn Irakse millitêre basis in Ramadi, 115 km wes van Bagdad. Foto: AP/ wire.africannewsagency.com

Marokko se Koning Mohammed VI se vrou, Prinses Lalla Selma (regs voor), verwelkom Amerikaanse presidentsvrou, Michelle Obama (voor links) en haar dogters, Malia (regs agter) en Sasha (regs agter), op die lughawe Menara in Marrakesh, Marokko. Die presidentsvrou is op ʼn besoek aan Morokko om opvoeding vir meisies te bevorder. Foto: Abdeljalil Bounhar via AP/ wire.africannewsagency.com

Marokko se Koning Mohammed VI se vrou, Prinses Lalla Selma (regs voor), verwelkom Amerikaanse presidentsvrou, Michelle Obama (voor links) en haar dogters, Malia (regs agter) en Sasha (links agter), op die lughawe Menara in Marrakesh, Marokko. Die presidentsvrou is op ʼn besoek aan Morokko om opvoeding vir meisies te bevorder. Foto: Abdeljalil Bounhar via AP/ wire.africannewsagency.com

Beseerde polisiebeampte, Christopher Dorman, kry ʼn blou ballon en ʼn welkomdrukkie met sy aankoms by die Folcroft-brandweerstasie in Pennsylvania, VSA. Dorman, wat sewe keer geskiet is tydens ʼn dwelmondersoek, salueer sy kollegas net drie dae ná die voorval met sy ontslag uit ʼn Philidelphia-hospitaal. Foto: Michael Bryant/The Philadelphia Inquirer via AP/ wire.africannewsagency.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Landi Slatter ·

Dagsê Dalene

Dankie vir jou terugvoer. Ons vra om verskoning vir die oorsig en wysig die berig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.