Die wêreld in foto’s – 28 Junie 2018

Foto’s bied ’n blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ’n slag.

Brittanje se Prins William staan Donderdag by Jerusalem se Olyfberg met ’n uitsig oor die Ou Stad en die goue koepel van die Dome of the Rock-moskee in die agtergrond. Dié koninklike het na die Wes-Oewer gereis en ’n boodskap van vrede versprei tydens sy ontmoeting met die Palestynse president en ’n besoek aan ’n Palestynse vlugtelingkamp. (Foto: Thomas Coex, AP)

Wang Shouwen, die Chinese adjunkminister van handel, praat Donderdag by die Staatsraad se inligtingskantoor in Beijing tydens ’n mediakonferensie oor ’n kabinetsverslag oor China se handelsrekord wat pas uitgereik is. China se regering het sy handelsrekord as ’n voordeel vir die wêreld bestempel in ’n poging om Amerikaanse en Europese druk oor marktoegang en ’n tegnologiebeleid te verlig. (Foto: Mark Schiefelbein, AP)

Die Duitse kanselier, Angela Merkel, woon Donderdag ’n debat by in die Duitse parlement, die Bundestag, in Berlyn. (Foto: Markus Schreiber, AP)

’n Rohingya-kind kyk toe hoe mans in die Kutupalong-vlugtelingkamp in Bangladesj werk. (Foto: Wong Maye-E, AP)

’n Japanese aanhanger sit alleen en wag vir die wedstryd tussen Japan en Pole om te begin by die 2018 Wêreldbeker-sokkertoernooi in die Volgograd-arena in Volgograd, Rusland. (Foto: Eugene Hoshiko, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.