Die wêreld in foto’s – 28 Maart 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Lugfoto van ʼn pretpark in Macheng in China se Hubei-provinsie, wys hoe steierwerk ineengetuimel het. Agt mans is gered, maar twee het in die hospitaal gesterf. Foto: Xiong Qi, Xinhua

Mense in Istanbul ervaar tans politieke onstabiliteit, en sal binnekort drastiese verandering beleef met die opkomende referendum in Turkye. Foto: Lefteris Pitarakis, AP

Kunstenaars van Maharasjtra, ʼn staat in Indië, vier Gudi Padwa – Nuwejaarsdag vir die Marathi-mense. Foto: Rafiq Maqbool, AP

ʼn Swerm voëls vlieg verby ʼn windturbine in die vroeë oggendure in Frankfurt, Duitsland. Foto: Michael Probst, AP

ʼn Model vertoon Eve Cina se klerereeks tydens die Chinese modeweek in Beijing. Foto: Li Mingfang, AP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Louise ·

Ek geniet Maroela Media baie dit bring nuus van die huis (SA) af wat ons nie in Engeland hoor of sien nie.
Baie dankie en hou aan met die goeie werk wat jul verrig. Groete.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.