Die wêreld in foto’s – 28 Maart 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Wagte van ʼn erebewaking stap Donderdag weg van ʼn verwelkomingseremonie waar Kirgistan se president, Sooronbay Jeenbekov, en die Russiese president, Wladimir Poetin, in Bishkek, Kirgistan, byeengekom het. (Foto: Maxim Shemetov, AP)

Alessandro Borghi is op die verhoog tydens die 64ste weergawe van die David di Donatello-toekennings in Rome, Italië. Die David di Donatello-toekenning is ʼn prys wat jaarliks aan die beste Italiaanse en buitelandse rolprentproduksies toegeken word. (Foto: Claudio Peri, AP)

ʼn Model staan by ʼn Porsche 911 Carrera 4S gedurende ʼn voorskou aan die media van die Seoel-motorskou in Goyang, Suid-Korea. Die uitstalling sal van 29 Maart tot 7 April plaasvind met 20 verskillende motorhandelsmerke wat hulle nuutste motors en konsepte uitstal. (Foto: Ahn Young-joon, AP)

Boeddhistiese Thai-monnike, wat ʼn bak vashou, vertrek na die Marmertempel in Bangkok, Thailand, vir hulle oggendgebede. (AP Photo / Sakchai Lalit)

ʼn Besoeker kyk na ʼn foto van die oorlog in Irak deur fotograaf Anja Niedringhaus voor die opening van ʼn uitstalling by die Kaethe Kollwitz-museum in Keulen, Duitsland. Die uitstalling toon ʼn terugblik van haar fotojoernalistieke werk in oorlogsgeteisterde gebiede soos Afghanistan, Bosnië en Irak, asook haar sportfoto’s by Wimbledon en die Olimpiese Spele. Niedringhaus is tydens die verkiesing in Afghanistan in 2014 vermoor. (Foto: Martin Meissner, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.