Die wêreld in foto’s – 28 Mei 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Amerika se president, Donald Trump, stap om die Amerikaanse dienspligtiges te ontmoet by die veeldoelige amfibiese aanvalsvaartuig van die Amerikaanse Vloot by die Yokosuka-basis in Yokosuka, suid van Tokio. (Foto: Eugene Hoshiko, AP)

Die skaduwee van Duitsland se Alexander Zverev kan gesien word op die kleibaan terwyl hy teen John Millman dien gedurende die eerste ronde van die Franse Ope-tennistoernooi by die Roland Garros-stadion in Parys. (Foto: Christophe Ena, AP)

Die nuwe Oostenrykse kanselier, Hartwig Loeger, daag op vir ʼn inhuldigingseremonie by die Hofburg-paleis in Wene, Oostenryk. (Foto: Ronald Zak, AP)

ʼn Bruid en bruidegom dra tradisionele kostuums vir foto’s wat buite die Confucius-tempel in Beijing voor hulle troue geneem word. (Foto: Andy Wong, AP)

Noorweë se eerste minister, Erna Solberg, woon die amptelike opening van ʼn nasionale veldtog teen sosialemediateistering by in Oslo. (Foto: Hakon Mosvold Larsen, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Pieter du plessis ·

Presedent Trump is seker by verre die beste leier wat die VSA nog gehad het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.