Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Sedert die uitbreking van Covid-19 het lande wêreldwyd die handhawing van sosiale afstand aangemoedig of algehele landwye afsonderingstydperke ingestel. Intussen moes ondernemings innoverende werkspraktyke aanneem om dié pandemie te oorleef.
In ʼn poging om die verspreiding van die virus hok te slaan en afstandhandhawing te bevorder het die Koninklike Paleis, ʼn restaurant in Nederland, toetsrobotte as kelners begin gebruik.
Só lyk dié restaurant in Nederland se toetsrobotte.

Toetsrobotte by die Hu-familie se restaurant, die Koninklike Paleis, in Nederland. (Foto: Peter Dejong, AP)

Die eienaars van die Koninklike Paleis-restaurant in Nederland demonstreer hoe die toetsrobotte funksioneer. (Foto: Peter Dejong, AP)
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
Moet jy hulle ook “tip”?