Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Mense in Indië protesteer teen die regering ná die eerste minister, Narendra Modi, aankondig het dat die 500 rupee-note (ongeveer 7.50 dollar) en 1000 rupee-note (ongeveer 15 dollar) onmiddellik uit sirkulasie onttrek word in ʼn poging om korrupsie hok te slaan. Foto: Saurabh Das, AP
Bangladesj se premier, Sheikh Hasina en Mauritius se leier, president Ameenah Gurib-Fakim, gesels voor die opening van ʼn leiersberaad oor water in Boedapest. Foto: Szilard Koszticsak, MTI via AP
Dele van ʼn ploftoestel word deur die Filippynse polisie ten toon gestel ná dit by die Amerikaanse ambassade in Manila ontlont is. Foto: Stringer, Xinhua, (Irz)
Namibië se president, Hage Geingob, besoek Frankryk se leier, president Francois Hollande by die Elysee-paleis in Parys. Foto: Thibault Camus, Pool, AP
ʼn Lid van die Switserse Garde loop by die Apostoliese Paleis in voor ʼn vergadering tussen Pous Francisus en Ierland se premier, Enda Kenny, in die Vatikaanstad. Foto: Alessandra, Tarantino, Pool, AP