Die wêreld in foto’s – 28 November 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Leerders in Bali per vragmotor op pad skool toe, met die vulkaniese uitbarsting op Berg Agung in die agtergrond. (Foto: Firdia Lisnawati, AP)

Werkers maak die puinhoop skoon nadat ʼn gebou in Tel Aviv in Israel ineengestort het tydens ʼn ontploffing in ʼn nabygeleë stad, Jaffa. (Foto: Sebastian Scheiner, AP)

Ondersteuners van pres. Uhuru Kenyatta van Kenia bestook polisiebeamptes met klippe nadat daar traangas afgevuur is toe hulle deur die hekke probeer storm het by ʼn inhuldigingseremonie in Nairobi. (Foto: Ben Curtis, AP)

Prinses Kate, die hertogin van Cambridge, besoek ʼn museum in Londen. Dié museum gebruik kuns en kreatiwiteit om kinders en weerlose gesinne te ondersteun. (Foto: Mary Turner, AP)

Toeriste besoek die Tianquan-meer in die Jiangsu-provinsie in China. (Foto: Zhou Haijun, Xinhua)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.