Die wêreld in foto’s – 28 November 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Sonsondergang in Lubban naby die Wesoewerse stad Nablus. (Foto: Ayman Nobani, Xinhua)

Jordaniese dansers tree op tydens “’n Nag in Wene” by die Royal Cultural Centre of Jordan in Amman, Jordanië. (Foto: Mohammad Abu Ghosh, Xinhua)

’n Man ry op ’n fiets verby ’n plakkaat van die G20-beraad buite die Costa Salguero-sentrum in Buenos Aires, Argentinië. Die 13de G20-beraad sal vanjaar vir die eerste keer op Suid-Amerikaanse bodem aangebied word. (Foto: Li Ming, Xinhua)

Indiese boere sit Woensdag skouer aan die wiel gedurende oestyd in Ranbir Singh Pura, Indië. Meer as 70% van dié land se sowat 1,25 miljard burgers is betrokke by die land se landbousektor. (Foto: Channi Anand, AP)

Erewagsoldate wag Woensdag voor die verwelkomingseremonie vir Xi Jinping, die Chinese president, by die Royal Palace in Madrid, Spanje. Dié land is Xi Jinping se eerste bestemming op ’n internasionale toer wat hy tans aflê. (Foto: Manu Fernandez, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.