Die wêreld in foto’s – 28 November 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Verkeer beweeg noordwaarts langs die Interstate 5 digby die Tejon-pas soos reisigers probeer om in en uit Suid-Kalifornië te beweeg vir die komende vakansie. Die snelweg word so lank as moontlik oopgehou vir motoriste om deur te beweeg. (Foto: David Crane, AP)

ʼn Panda-beertjie by die Berlyn-dieretuin. Dié beertjie is een van ʼn tweeling wat op 31 Augustus vanjaar in die dieretuin gebore is. (Foto: Berlyn-dieretuin, AP)

Dik rookmis is in die lug te sien na die TPC Group Port Neches Operations-ontploffing in Port Neches, Texas. Talle werkers is vroeg Woensdagoggend beseer na dié massiewe ontploffing by die Texas- chemiese aanleg. Nabygeleë huise is ook deur die ontploffing geraak. (Foto: Marie D. De Jesus, AP)

Naasbestaandes dra die kis van Hoang Van Tiep na die kerk vir die begrafnisseremonie in Dien Chau, Vietnam. Die 18-jarige Tiep was een van 39 Viëtnamese wat dood is toe mensehandelaars hulle in Oktober per vragmotor na Engeland vervoer het. (Foto: Hau Dinh, AP)

New Orleans Pelicans se Jrue Holiday (11) in aksie teen Los Angeles Lakers se Anthony Davis (3) tydens die tweede helfte van ʼn NBA-basketbalwedstryd in New Orleans. (Foto: Matthew Hinton, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.