Die wêreld in foto’s – 28 September 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

wêreld-foto

Die Siriese stad Aleppo se Mashhad-buurt, wat deur rebelle beheer word, het Dinsdag deurgeloop onder lugaanvalle deur regeringshelikopters. Die Siriese regering probeer tans om met die hulp van Russiese bondgenote beheer neem van Aleppo. Foto: AP

wêreld-foto

Die lyk van Tony Co, ʼn hoë-profiel gevangene wat na bewering vermoor is tydens ʼn oproer in ʼn gevangenis in Muntinlupa Stad in die Filippyne, word Woensdag verwyder. Vier gevangenes is beseer in dié insident wat tydens ʼn regeringsondersoek na dwelmhandel in die tronk plaasgevind het. Foto: Bullit Marquez / AP

wêreld-foto

Scott Frazer van Medford, Massachusetts in die VSA, speel klavier op ʼn sypaadjie in Harvard Square in Cambridge. Talle klaviere geverf deur plaaslike kunstenaars is in die Boston- en Cambridge-omgewing geplaas met ʼn boodskap wat lees: “Speel my, ek is joune.” Foto: Steven Senne /AP

wêreld-foto

ʼn Afleweringsman van UberEats lewer Woensdag kos af by ʼn perskonferensie in Tokio, Japan. Die pendeldiens Uber sukkel om die Japanse mark te wen en hoop om beter te vaar met dié nuwe kitskosafleweringsdiens. Verskeie soorte geregte kan bestel word – van eenvoudige geregte tot peperduur Michelin-ster-geregte. Foto: Eugene Hoshiko / AP

wêreld-foto

Venus Williams ná haar nederlaag teen Svetlana Kuznetsova van Rusland tydens die WTA Wuhan-Ope in Wuhan in China se Hubei-provinsie. Foto: AP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.