Die wêreld in foto’s – 28 September 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Plaaslike vissersbote snel die passasiers en bemanning van die Air Niugini-vlug te hulp nadat dié vliegtuig Vrydag in die westelike Stille Oseaan naby Mikronesië in die see gestort het op pad na die Chuuk- internasionale lughawe. Al 47 passasiers en bemanningslede het genadiglik die noodlanding oorleef. (Foto: James Yaingeluo, AP)

Mercedes se Lewis Hamilton van Brittanje Vrydag in aksie tydens ʼn oefensessie op die Sochi Autodrom-renbaan in Sochi, Rusland. Die 2018 Formule Een Grand Prix van Rusland vind Sondag plaas. (Foto: Sergei Grits, AP)

ʼn Aanhanger van die Amerikaanse span Vrydag op die openingsdag van die 42ste Ryder-beker by Le Golf National in Saint-Quentin-en-Yvelines buite Parys, Frankryk. (Foto: Francois Mori, AP)

ʼn Model dra Vrydag ʼn skepping deur Balmain. Dié modehuis se 2019-lente/somerreeks word in Parys, Frankryk, vertoon. (Foto: Thibault Camus, AP)

Betogers hou Vrydag ʼn plakkaat vas wat lees: ‘Die regering ondermyn staatsamptenare’ tydens ʼn betoging in Brussel. Werkers betoog teen die federale regering se besluit om sy siekteverlofstelsel af te skaf. (Foto: Geert Vanden Wijngaert, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Johan ·

Telkom is vrot ons lyne in vanderbijlpark is af help aseblief Maroela media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.