Die wêreld in foto’s – 28 September 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Te midde van die Covid-19-pandemie het Jode in Israel Maandag Jom Kippoer (Groot Versoeningsdag) gevier wat deur dié geloof as die heiligste dag van die jaar beskou word.

Die vakansiedag bring jaarliks die lewe van talle Israeli’s tot ʼn stilstand. Die strate is egter vanjaar veral leeg ná die instelling van nog ʼn drie week lange afsonderingstydperk.

ʼn Man draf op ʼn leë snelweg tydens Jom Kippoer in Tel Aviv, Israel. (Foto: Oded Balilty, AP)

Die strate van Tel Aviv in Israel is verlate weens die land se nasionale afsonderingstydperk en die Joodse vakansiedag, Jom Kippoer. (Foto: Oded Balilty, AP)

ʼn Israeli-akrobaat hang aan ʼn verkeersteken in ʼn verlate straat. (Foto: Oded Balilty, AP)

ʼn Man ry fiets op ʼn leë hoofpad in Tel Aviv, Israel. (Foto: Oded Balilty, AP)

Mense dwaal Maandag in die strate rond tydens die Joodse vakansiedag. (Foto: Oded Balilty, AP)

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

JohanR ·

Ek dink ons en Israel moet soe vir 12 maande President en ministers ruil. Waar Israel geblom het aan die begin van die twaalf maande sou die land weer terugekeer het na woestyn, maar wee Suid Afrika sal goed lyk, en in twaalf maande was daar nie eers een plaas aanval nie! Kan jy jouself indink Lindiws Zulu, Bheki Cele en Ebrahim Patel in bevel in Israel……oe wee!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.