Die wêreld in foto’s – 29 April 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Sedert die uitbreking van Covid-19 het lande wêreldwyd sosiale distansiëring aangemoedig of algehele landwye afsonderingstydperke ingestel. Ondanks dié beperkings poog Rusland steeds om Oorwinningsdag te vier deur die “Katedraal van die Russiese gewapende magte” in Patriot-park in Moskou op te rig.

Oorwinningsdag, een van die belangrikste feesdae in Rusland, word op 9 Mei gevier ter herdenking van die einde van die Tweede Wêreldoorlog. Hoewel Rusland geweldige verliese in dié oorlog gely het, bly die oorwinning oor Nazi-Duitsland ʼn bron van nasionale trots.

Só lyk dié katedraal.

Die nuwe “Katedraal van die Russiese gewapende magte” word in Patriot-park, ʼn pretpark gewy aan die Russiese weermag, buite Moskou in Rusland gebou. (Foto: Sergei Kiselev/ Moscow News Agency, AP)

Afrondingswerk word aangebring aan die nuwe Russiese “Katedraal van die Russiese gewapende magte” net buite Moskou. (Foto: Sergei Kiselev/ Moscow News Agency, AP)

ʼn Fresko-uitbeelding van Christus in die nuwe katedraal in Patriot-park, Rusland. (Foto: Sergei Kiselev/ Moscow News Agency, AP)

ʼn Foto geneem in die “Katedraal van die Russiese gewapende magte” wat tans in aanbou is in Rusland. (Foto: Sergei Kiselev/ Moscow News Agency, AP)

ʼn Foto van die interieur van die nuwe katedraal net buite Moskou in Rusland. (Foto: Sergei Kiselev/ Moscow News Agency, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.