Die wêreld in foto’s – 29 Augustus 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

/wire.africannewsagency.com

Die nasionale kriminologie laboratorium in Brussel is beskadig nadat ʼn ontploffing die gebou geruk het. Die rede vir die ontploffing is nog nie bekend nie. Foto: Geert Vanden Wijngaert/wire.africannewsagency.com

/wire.africannewsagency.com

ʼn Suid-Koreaanse omgewingsbewaarder hou ʼn plakkaat met ʼn foto van Volkswagen se nuwe Beetle-model vas tydens ʼn protesoptog. Betogers eis dat Volkswagen vergoeding betaal omdat dié maatskappy glo toetsresultate oor uitlaatgasse gemanipuleer het. Die Koreaanse regering het Volkswagen met 17.8 miljard won (ongeveer 16 miljoen dollar), beboet Foto: Ahn Young-joon./wire.africannewsagency.com

/wire.africannewsagency.com

Munisipale-werkers maak die gebied skoon waar onwettige kiosks platgestoot is naby ʼn ondergrondse treinstasie in Moskou, Rusland. Meer as 90 van dié stalletjies wat gesloop is, het ʼn verskeidenheid produkte, soos kos en blomme verkoop. Foto: Alexander Zemlianichenko/wire.africannewsagency.com

/wire.africannewsagency.com

Klei-figure van verskeie G-20 leiers, soos president Barack Obama en president Vladimir Putin word deur Chinese kunstenaar, Wu Xiaoli, gemaak en word in China se Zhejiang-provinsie verkoop. Die G-20 byeenkoms word vanjaar op 4-5 September in Hangzhou, China, gehou. Foto: Chinatopix via AP/wire.africannewsagency.com

/wire.africannewsagency.com

Die Tibetaanse geestelike leier, die Dalai Lama, groet volgelinge voor ʼn praatjie by die Tsuglakhang-tempel in Dharmsala, Indië. Foto: Ashwini Bhatia/wire.africannewsagency.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.