Die wêreld in foto’s – 29 Augustus 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Die Suid-Koreaanse weermag in die strate in Paju in dié land kort nadat Noord-Korea Dinsdagoggend ʼn ballistiese missiel bo-oor Japan afgevuur het en wat in die noordelike deel van die Stille Oseaan te lande gekom het. Foto: Lee Jin-man, AP

Niemand is beseer toe ʼn passasierstrein Dinsdag in Asangaon, 70 km van Mumbai in Indië, ontspoor het nie. Dit is die derde treinongeluk binne tien dae in Indië. Foto: Rafiq Maqbool, AP

Sarah Menezes van Brasilië en Nieke Nordmeyer van Duitsland neem deel aan die Wêreldkampioenskap vir judo in Boedapest, Hongarye. Foto: Tamas Kovacs, AP

Minstens 14 mense is dood en 42 beseer toe ʼn bus en ʼn vragmotor Dinsdag in die Egiptiese provinsie Beni Suef gebots het. Foto: STR, Xinhua

Reddingswerkers Dinsdag besig op die toneel van ʼn modderstorting in Guizhou, ʼn provinsie in die suidweste van China. Tientalle huise is onder die modder begrawe. Foto: Chinatopix, AP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.