Die wêreld in foto’s – 29 Augustus 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Ondersteuner gedenk Woensdag Michael Jackson se 60ste verjaardag in Londen met ʼn installasie van ʼn juweelbedekte kroon van bykans vyf meter. Jackson is in 2009 dood. (Foto: Nishat Ahmed, AP)

Die veiligheidsraad vergader Woensdag by die Verenigde Nasies (VN) se hoofkantoor in New York oor die huidige situasie in Mianmar en die Rohingya-vlugtelingkrisis. Die VN se sekretaris-generaal, Antonio Guteress, sê dat die internasionale humanitêre oproep oor die Rohingya-krisis “ met 33% aansienlik onderbefonds is”.

Bakir Izetbegovic, die Bosniese Moslem-lid van Bosnië se drieparty-presidensie, lê Woensdag ʼn krans by die graf van die voormalige Palestynse leier, Yasser Arafat, in Ramallah. (Foto: Majdi Mohammed, AP)

Geesdriftiges gooi mekaar Woensdag met tamaties tydens die jaarlikse Tomatina-tamatiegeveg-fees in Bunol, ’n dorpie 50 km buite Valencia in Spanje. Tomatina is elke jaar ʼn groot toeriste-aantreklikheid. Vragmotors lewer 160 ton tamaties af vir ongeveer 20 000 deelnemers, baie van die buiteland, om mekaar tydens die uur lange oggendfees te bestook. (Foto: Alberto Saiz, AP)

Swemmers van Indonesië neem Woensdag deel aan die vroue-sierswemkompetisie by die 18de Asiese Spele in Djakarta, Indonesië. (Foto: Li Xiang, Xinhua)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.