Die wêreld in foto’s – 29 Januarie 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

’n Model in ’n skepping van Malne gedurende die Madrid-modeweek in Madrid, Spanje. (Foto: Guo Qiuda, Xinhua)

Uitstallings van die Omer Tiroche-galery word tydens die 64ste aanbieding van die Brafa Kunstefees by Tour & Taxis in Brussel, België, deur ’n besoeker besigtig. Altesaam 133 Belgiese en internasionale galerye het tienduisende kunswerke tydens hierdie fees uitgestal. Die Brafa Kunstefees wat in 1956 ontstaan het, word as een van die wêreld se oudste en vooraanstaande kunstefeeste beskou. (Foto: Zheng Huanson, Xinhua)

Dansers van Sjina se Binne Mongolië outonome streek neem deel aan ’n uitvoering gedurende Sjinese Nuwejaarsvieringe in Kolkata, Indië. (Foto: Tumpa Mondal, Xinhua)

’n Vrou maak ’n houttablet, waarop sy haar wens neergepen het, aan ’n hoop ander houttablette vas in die binnehof van die Yushima Tenjin-altaar in Tokio. Gedurende die jaarlikse eksamentyd gaan studente en ouers op ’n pelgrimstog na dié altaar, wat ook bekend staan as die god van leer, om hulle wense vir sukses in die eksamen oor te dra. (Foto: Koji Sasahara, AP)

’n Klerewerker loop hand aan hand saam met haar kind vanaf die fabriek ná haar dag se skof in Phnom Penh, Kambodja. (Foto: Heng Sinith, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.