Die wêreld in foto’s – 29 Januarie 2021

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.

Arabiese sandwildsbok staan in die Telal-oord aan die buitewyke van Al-Ain in Abu Dhabi. (Foto: Karim Sahib/AFP)

Die kunstenaar Jonas Never staan by sy muurskildery van senator Bernie Sanders in Culver City, Kalifornië. Sanders het soos ʼn seer toon by die Amerikaanse presidensiële inhuldiging uitgestaan nadat hy met ʼn dik winterbaadjie en veelkleurige handskoene tussen ʼn klomp glansgeklede gaste gesit het. Dié uitrusting het die internet aan gons gehad en is reeds in talle memes gebruik. (Foto: Chris Delmas/AFP)

ʼn Kaaiman swem in ʼn meer in Ita, Paraguay. Brandweermanne het ongeveer sewe kaaimanne van die strate af gered nadat ʼn meer in die omgewing Woensdag oorstroom het. (Foto: Norberto Duarte/AFP)

Die Cloud Gate-standbeeld, beter bekend as “The Bean”, is met sneeu bedek in Chicago, Illinois, tydens die hewigste sneeustorm in sowat twee jaar. (Foto: Kamil Krzaczynski/AFP)

ʼn Jaguar-welpie grom ná sy aankoms in die nasionale dieretuin in Masaya, Nicaragua. Die welpie is uit die Duarka-gemeenskap in Tawira, Bilwi, in die outonome streek van die Noord-Karibiese kus, gered net voordat hy verkoop sou word. (Foto: Inti Occon/AFP)

ʼn Seemeeu vlieg oor die Horseshoe-waterval in die Niagara-waterval in Ontario, Kanada. (Foto: Geoff Robins/AFP)

ʼn Nilgai staan in ʼn mosterdveld aan die buitewyke van Allahabad in Indië. (Foto: Sanjay Kanojia/AFP)

Palestynse kinders oefen langs ʼn strand in Gaza-stad. (Foto: Mohammed Abed, AFP)

ʼn Vrou gooi ʼn sneeubal vir haar hond, Bluebell, in Londen. (Foto: Adrian Dennis/AFP)

ʼn Palestynse boer dra die allemintige rape wat hy in die Wesoewer-stad Hebron geoes het. (Foto: Hazem Bader/AFP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jackie

Pratige fotos

katerinadiekat

Lieflik en baie interessant!

Karina

Dankie vir die plasing van hierdie pragtige fotos. Sjoe maar dit is groot rape daardie wat die Palestynse boer gekweek het!