Die wêreld in foto’s – 29 Julie 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Die Kensington-paleis word Donderdag 30 Julie vir die eerste keer in vier maande vir besoekers oopgestel sedert die Covid-19-pandemie Londen getref het.

Om die heropening te vier, sal die beroemde “Travolta-rok” van wyle Diana, Prinses van Wallis, vir die eerste keer in die paleis vertoon word sedert dit in 2019 deur die historiese koninklike paleis-stigting aangekoop is.

Prinses Diana het die Victor Edelstein middernagblou fluweelaandrok in 1985 gedra toe sy saam met John Travolta in die Withuis gedans het.

ʼn Opsiener by die koninklike paleis verstel die Victor Edelstein middernagblou fluweelaandrok wat Diana in 1985 gedra het. (Foto: Kirsty Wigglesworth, AP)

ʼn Opsiener by die koninklike paleis poets ʼn kershouer by die koningstrap in Kensington-paleis in Londen. (Foto: Kirsty Wigglesworth, AP)

Die Kensington-paleis word afgestof voordat dit vir die publiek heropen. (Foto: Kirsty Wigglesworth, AP)

ʼn Opsiener by die koninklike paleis stofsuig om die troon in die koning se oudiënsiesaal. (Foto: Kirsty Wigglesworth, AP)

ʼn Replika van ʼn mantua-rok word in die koning se galery in Kensington-paleis uitgestal. (Foto: Kirsty Wigglesworth, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ben ·

Die foto van die opsiener en die rok maak nie sin nie.
Dis ñ moerawiese rok.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.