Die wêreld in foto’s – 29 Junie 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Reisigers omhels mekaar vroegoggend terwyl hulle buite Istanboel se Ataturk-lughawe wag nadat die lughawegebou ontruim is. Vermeende IS-ekstremiste het die internasionale terminaal van dié lughawe aangeval en meer as 30 slagoffers is dood en talle beseer. Turkse owerhede het ʼn verbod op die verspreiding van beelde van die aanval in Turkye geplaas. Foto: Emrah Gurel via AP/ wire.africannewsagency.com

David Cameron, Britse eerste minister, tydens ʼn perskonferensie in Brussel, België. Cameron het gister gesê dat hy nie die sneller gaan trek vir Brittanje se verlating van die Europese Unie nie en dit oorlaat aan sy opvolger. Foto: Xinhua/Gong Bing/ wire.africannewsagency.com

Reddingswerkers besig naby die toneel van ʼn ontploffing in Mississuaga in Ontaria, Kanada, waarin een persoon dood en nege ander beseer is. Dié ontploffing het gister ook skade aan 25 huise aangerig. Foto: Xinhua/Zou Zheng/ wire.africannewsagency.com

Bewonderaars steek kerse aan ter nagedagtenis van die Italiaanse akteur en rolprentmaker Bud Spencer voor die Italiaanse ambassade in Boedapest, Hongarye. Spencer is op 27 Junie in Rome dood op die ouderdom van 86. Foto: Xinhua/Csaba Domotor/ wire.africannewsagency.com

ʼn Voorsmaak van die opening van “The Walking Dead”, die nuwe permanente besienswaardigheid by Universal City in Kalifornië. Foto: Xinhua/Yang Lei/ wire.africannewsagency.com

Bouwerk in Pyongyang in Noord-Koreaanse gaan onverpoosd voort ondanks sanksies teen dié land oor sy kernwapenprogram. In die hoop dat hy die wêreld op die sukses van sy land kan wys het die Noord-Koreaanse leier Kim Jong Un sy soldaat-bouers aan die werk gesteek in nóg ʼn massiewe projek – ʼn reeks woonstelle en wolkekrabbers. Foto: Wong Maye-E via AP/ wire.africannewsagency.com

Bouwerk in Pyongyang in Noord-Korea gaan onverpoosd voort ondanks sanksies teen dié land oor sy kernwapenprogram. In die hoop dat hy die wêreld op die sukses van sy land kan wys het die Noord-Koreaanse leier Kim Jong Un sy soldaat-bouers aan die werk gesteek in nóg ʼn massiewe projek – ʼn reeks woonstelle en wolkekrabbers. Foto: Wong Maye-E via AP/ wire.africannewsagency.com

Besoekers poseer vir ʼn foto by die Cheonggye-stroom in Seoel in Suid-Korea. Mense besoek die stroom om af te koel in die huidige somerhitte. Volgens die Suid-Koreaanse meteorologiese administrasie kan die temperatuur styg tot 31 ᵒC. Foto: Lee Jin-man via AP/ wire.africannewsagency.com

Besoekers poseer vir ʼn foto by die Cheonggye-stroom in Seoel in Suid-Korea. Mense besoek die stroom om af te koel in die somerhitte. Volgens die Suid-Koreaanse meteorologiese administrasie kan die temperatuur styg tot 31 ᵒC. Foto: Lee Jin-man via AP/ wire.africannewsagency.com

ʼn Siriese man pas ʼn tweedehandse moulose baadjie aan in dié land se hoofstad, Damaskus. Al hoe meer mense in Damaskus verkies om tweedehandse klere te koop omdat hulle as gevolg van stygende koste nie nuwe klere kan bekostig nie. Moslems koop nietemin nuwe klere ter voorbereiding vir die opkomende Eid al-Fitr-fees, die einde van die heilige maand Ramadan. Foto: Xinhua/Ammar/ wire.africannewsagency.com

ʼn Reisiger en sy kind op pad na hul tuisdorp in Indonesië vir die viering van die Eid al-Fitr-fees. Dié bus word gratis deur die nasionale bank in Djakarta tot beskikking van reisigers gestel. Miljoene mense reis jaarliks vir dié fees na hul tuisdorpe. Foto: Xinhua/Agung Kuncahya B./ wire.africannewsagency.com

Die rektor van die universiteit van Sun Qixin in China het onlangs ʼn graad toegeken aan Wang Gonga in haar huis in Zhongshan in die noordweste van China. Dié spesiale gradeplegtigheid is gereël om Wang se graad aan haar toe te ken nadat sy haar studie op die kampus nie kon voortsit nie ná ʼn rugmurgbesering tydens ʼn motorongeluk in 2013. Sy het met die ondersteuning van die universiteit haar graad suksesvol aanlyn voltooi. Foto: Xinhua/Yang Yuanyuan(wx)/ wire.africannewsagency.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Mike ·

Bud Spencer sy movies gekyk as n kind,saam met Terence Hill.lewe hy nog ?

Trots Afrikaans ·

Gelukkig het daar niks in RSA die week gebeur nie …..

Kobus ·

Ek hou van Maroela se “Wêreld in foto’s”. Dit laat mens besef sommige van jou probleme en uitdagings is nie so belangrik wanneer jy die breër prentjie sien nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.