Die wêreld in foto’s – 29 Junie 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Sedert die uitbreking van Covid-19 het lande wêreldwyd sosiale afstandhandhawing aangemoedig of algehele landwye afsonderingstydperke ingestel. Marokko het intussen die afsonderingsmaatreëls opgehef in ʼn poging om terug te keer na ʼn normale lewenspatroon.

Sedert die verslapping van beperkings het talle strandgangers die kans aangegryp om die son en see te geniet.

Só geniet strandgangers die eerste naweek sedert die landwye afsonderingstydperk in Marokko opgehef is.

Seuns speel sokker op die strand in Rabat, Marokko. (Foto: Mosa’ab Elshamy, AP)

Vroue hou toesig oor hul kinders wat swem. (Foto: Mosa’ab Elshamy, AP)

Hordes mense geniet die strand in Sale nadat Marokko se landwye afsonderingstydperk opgehef is. (Foto: Mosa’ab Elshamy, AP)

Tieners baljaar op die strand nadat afsonderingsmaatreëls in Rabat, Marokko, opgehef is. (Foto: Mosa’ab Elshamy, AP)

Mense swem in die see in Sale, Marokko. (Foto: Mosa’ab Elshamy, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.