Die wêreld in foto’s – 29 Maart 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Koningin Elizabeth II van Brittanje poseer vir ʼn foto ná afloop van die koninklike Wit Donderdag-diens in die St. George-kapel in Windsor. Sedert die 13de eeu is dit tradisie dat Britse koninklikes deelneem aan die uitdeel van geskenke of geld op Wit Donderdag. (Foto: Steve Parsons, AP)

Afgevaardigdes kom in die St. Petruskerk in die Vatikaan byeen vir ’n wydingsmis deur pous Franciskus. By dié geleentheid wy die pous die olie wat gebruik sal word tydens sakramente in die jaar wat voorlê. (Foto: Gregorio Borgia, AP)

ʼn Indiese vrou bied gebede aan by ʼn tempel tydens die viering van die geboortedag van Mahavira in Hyderabad, Indië. Mahavira is een van die laaste van 24 Teerthankaras (Jain-profete) en word gereken as een van die opperste leraars asook ʼn sosiale hervormer. (Foto: Mahesh Kumar A, AP)

ʼn Vrou loop onder bauhinia-blomme deur in Liuzhou in Suid-China se Guangxi Zhuang-streek. (Foto: Li Hanchi, Xinhua)

Sneeubedekte strandstoele op die strand naby Burgtiefe op Fehmarn, die Duitse eiland in die Baltiese See. (Foto: Federico Gambarini, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.