Die wêreld in foto’s – 29 Maart 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Die gebou van die Europese Sentrale Bank (links) en ander bank- en kantoorgeboue Vrydag net voor sonsopkoms in Frankfurt, Duitsland. (Foto: Michael Probst, AP)

Karolina Pliskova van die Tsjeggiese Republiek reik na die bal wat deur Simona Halep van Roemenië na haar geslaan is tydens ’n halfeindwedstryd in die Miami Ope-tennistoernooi in Miami Gardens, Florida. (Foto: Joe Skipper, AP)

Matthew McConaughey (links), Isla Fisher (middel) en Zac Efron (regs) woon die LA première van The Beach Bum by in ArcLight Hollywood in Los Angeles. (Foto: Richard Shotwell, AP)

Pres. Donald Trump by ’n verkiesingsveldtog in die Van Andel-arena in Grand Rapids, Michigan. (Foto: Cory Morse, AP)

Denver Nuggets se Will Barton (no. 5) spring om ’n doel te gooi terwyl Houston Rockets se Nene (no. 42) hom verdedig gedurende die tweede helfte van ’n NBA-basketbalwedstryd in Houston. (Foto: David J. Phillip, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

anton ·

Darm 1 goeie foto tussen die vyf.
Die een met rooi en blou in.
;-)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.