Die wêreld in foto’s – 29 Mei 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Xu Wanzhong, ʼn boer in die dorpie Liantang, oes koring in China se Jiangsu-provisie. (Foto: Zhou Haijun/Xinhua)

ʼn Trop olifante loop in Amboseli Nasionale Park in Kenia. (Foto: Chen Cheng/Xinhua)

Mense soek lafenis in ʼn stroom in Islamabad, Pakistan, nadat temperature tot 38 °C gestyg het. (Foto: BK Bangash/AP)

ʼn Skoonheidskompetisie vir kinders word in Qingdao, in China se Shandong-provinsie, gehou. (Foto: Chen Jianli/Xinhua)

’n Groep van 800 Afgaanse soldate gradueer nadat hulle opleiding in Afganistan ondergaan het. (Foto: Rahmine/Xinhua)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Breytie ·

Soek hulle in Pakistan regtig lafenis wanneer die temperatuur 28 grade is?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.