Die wêreld in foto’s – 29 Mei 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

China se Zhang Shuai hou haar oog op die bal in haar wedstryd teen Estland se Kaia Kanepi in die tweede ronde van die Franse Ope-tennistoernooi op Roland Garros in Parys. (Foto: Pavel Golovkin, AP)

Rook borrel uit ʼn denneboomwoud aan die voetheuwels van die Himalajas naby Palampur, sowat 48 km suid van Dharmsala, Indië. (Foto: Ashwini Bhatia, AP)

ʼn Man op ʼn motorfiets met ʼn lap oor sy gesig om hom teen die ergste hitte op die warm somersmiddag in Hyderabad, Indië, te beskerm. Die streek gaan gebuk onder ʼn erge hittegolf. (Foto: Mahesh Kumar A, AP)

Toeriste Woensdag in die glaspiramide van die Louvre-museum in Parys. Dié museum, wat wêreldwyd die meeste besoekers lok, is Maandag gesluit nadat werknemers gekla het dat hulle geteister word deur toeriste wat nie kan wag om die Mona Lisa te sien nie. (Foto: Thibault Camus, AP)

Angela Merkel, die Duitse kanselier, woon die weeklikse kabinetsvergadering van die Duitse regering in Berlyn by. (Foto: Markus Schreiber, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae