Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Grootskaalse oproer het vir die derde agtereenvolgende dag in Minneapolis in die Amerikaanse deelstaat Minnesota voortgeduur ná die dood van George Floyd wat wêreldwyd opspraak gewek het.
Maroela Media het vroeër berig Floyd is ná sy inhegtenisneming oorlede nadat ʼn polisiebeampte op sy nek gekniel het.
Betogers het hierna die strate ingevaar.
Só lyk die skokbeelde:

Betogers hou ʼn banier vas met die woorde “Ons kan nie asemhaal nie” in St. Paul, Minnesota. (Foto: John Minchillo, AP)

ʼn Betoger bedek haar oë terwyl sy deur traangas loop in St. Paul, Minnesota. (Foto: John Minchillo, AP)

Betogers staan buite ʼn polisiestasie in Minneapolis nadat dit aan die brand gesteek is. (Foto: John Minchillo, AP)

Betogers staan verenig buite die brandende Minneapolis- 3de polisiedistrik. (Foto: John Minchillo, AP)

Betogers in aksie buite ʼn brandende kitskosrestaurant in Minneapolis, Minnesota. (Foto: John Minchillo, AP)
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
10 Kommentare
Kyk wie betoog en maak jou eie gevolgtrekkings die polisie sou hom nie lastig geval het as hy gesit en bybel lees het nie,en die polisie sou hom nie met die nodige geweld in bedwang moes bring as hy sy samewerking gegee het nie soos die spreekwoord sê bly uit die kombuis as jy nie die hitte kan vat nie.
Nie lank nie dan gaan dit so wees in suid afrika
Dit is vandag die algemene tendens dat mense wan ingelig is en ‘n totale gebrek aan oordeelsvermoë het. Die media wat deur die drywers van die NWO beheer word, is die is die spreekbuis van hierdie valshede. Hitler het gesê dat hoe meer jy ‘n leuen vertel hoe meer vind dit aanklank by die bevolking, sodat dit later as die waarheid vertolk en aanvaar word.
Ja wat het die kitskosplek en drankwinkel verkeerde gedoen?
…. linkse media en halfhartige regse media (SA) gaan ook ons ondergang wees …..