Die wêreld in foto’s – 29 November 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

wêreld-foto

Noord-Korea se vlag hang halfmas in Pyongyang ter ere van Fidel Castro. Dié omstrede leier is Vrydag in die ouderdom van 90 jaar oorlede. Noord-Korea is vir drie dae in rou vir dié man wat hulle as ʼn kameraad beskou het. Foto: AP

wêreld-foto

Studente van Suid-Korea staan in formasie om ʼn rooi strikkie te vorm, wat die universele simbool is vir die bewusmaking en ondersteuning van diegene wat met Vigs lewe. Foto: Lee Jin-man, AP

wêreld-foto

Emma Morano vier haar 117de verjaarsdag in Verbania, Italië. Sy is tans die oudste persoon in die wêreld. Emma is in 1899 gebore. Foto: Antonio Calanni, AP

wêreld-foto

Engeland het onlangs een van sy koudste aande vanjaar beleef. Hierdie foto is geneem in Nottinghamshire. Foto: Neil Squires,AP

wêreld-foto

Jakarandas aan die bloei in Adelaide, Australië. Die boom is oorspronklik van sentraal- en Suid-Amerika, maar is in verskillende dele van die wêreld te sien. Foto: David Wang. AP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Genoeg ·

Gedurende 1999 was ons deel van die span wat die teerpad tussen Sesriem en Sossusvlei gebou het. Ons landmeter was ‘n vrou van Kuba. Ongelooflik was die vrees wat sy vir Fidel Castro gehad het. Nou dat hy oorlede is was hy ‘n wêreld held, maar in lewe was hy beslis ‘n diktator, ‘n persoon wat andere laat bewe het van vrees by slegs die noem van sy naam.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.