Die wêreld in foto’s – 29 November 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Mense juig terwyl hulle ʼn nuusuitsending kyk waar die Noord-Koreaanse leier Kim Jong Un sy bevel aankondig om ʼn nuwe interkontinentale ballistiese missiel te toets (Foto: Jon Chol Jin, AP)

Ivanka Trump, die Amerikaanse presidensiële adviseur, met haar aankoms by ʼn entrepreneursberaad in Hyderabad, Indië (Foto: Mahesh Kumar A, AP)

ʼn Suid-Koreaanse soldaat tydens militêre voorbereidingsessies naby die grens van Noord-Korea (Foto: Ahn Young-joon, AP)

Lars Lokke Rasmussen, Denemarke se eerste minister, besoek ʼn moskee in Jakarta tydens ʼn driedag-besoek (Foto: Achmad Ibrahim, AP)

Die hertog van Luxemburg Henri en prinses Alexandra luister na die nasionale volkslied gedurende ʼn konsert in Tokio, Japan (Foto: Issei Kato, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Geen keuse ·

Jy het geen keuse in Noord-Korea as om saam te juig, hartseer te wees soos van jou verwag na gelang van omstandighede. Doen jy nie mee is die dood- of tronkstraf jou voorland.

My wereld ·

Wat het van Ivanka se linkerarm geword? Ek het nou oral na die foto probeer kyk, ek sien nie haar arm nie? Volgens my het sy ‘n linkerarm dan nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.