Die wêreld in foto’s – 29 November 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Seuntjie maak Donderdag lotusblomme bymekaar in ʼn dam in die dorpie Sar, net buite Phnom Penh in Kambodja. (Foto: Heng Sinith, AP)

Polisiebeamptes Donderdag tydens ʼn klopjag in die agterplein van die hoofkantoor van die Deutsche Bank in Frankfurt, Duitsland. (Foto: Michael Probst, AP)

Ronit Lupu, ʼn argeoloog van die Israelse oudheidsowerheid (IAA), hou ʼn klipmasker voor sy gesig by die Rockefeller-museum in Jerusalem. Dié masker is aan die suidelike Wes-oewer ontdek en dateer van die Neolitiese periode (vóór pottebakkery), sowat 9 000 jaar gelede. (Foto: JINI, Xinhua)

Xi Jinping, die Chinese president, en sy vrou, Peng Liyuan, kom by die Plaza de la Armeria in Madrid, Spanje, aan. Xi is met ’n groot fanfare deur koning Felipe VI verwelkom. (Foto: Xie Huanchi, Xinhua)

Twee van die drie polisiebeamptes wat tot 40 jaar tronkstraf sonder parool gevonnis is vir die moord op ʼn student in die voorstedelike Caloocan-stad, noord van Manila in die Filippyne, word Donderdag uit die hof gelei. Die hof het die drie beamptes skuldig bevind aan die moord op Kian Loyd Delos Santos, ʼn student wat na bewering ʼn dwelmhandelaar was. (Foto: Gerard Carreon, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.