Die wêreld in foto’s – 29 Oktober 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Reddingswerkers deursoek die waters van Ujung Karawang, Indonesië, nadat ’n Lion Air-vliegtuig Maandag in die see neergestort het. Dié vliegtuig het in die see neergestort enkele minute nadat dit uit Indonesië se hoofstad opgestyg het. (Foto: Achmad Ibrahim, AP)

Meisies van die Miao etniese groep stap om na ’n visvangkompetisie te kyk tydens ʼn koskultuurskou in die Gongdong-dorpie in Suid-China. (Foto: Huang Xiaobang, Xinhua)

’n Meisie besoek die 2018 Nasionale Kunsuitstalling vir kunsstudente in Oos-China se Shandong-provinsie. Dié uitstalling het Sondag afgeskop met meer as 420 kunswerke wat uitgestal word. (Foto: Liang Xiaopeng, Xinhua)

Angela Merkel, die Duitse kanselier, praat Maandag met die sekretaris-generaal, Annegret Kramp-Karrenbauer, voor haar party by die hoofkantoor in Berlyn, Duitsland, vergader. (Foto: Markus Schreiber, AP)

Besoekers kyk na ’n kaart van die Arno-rivier wat in die Tyrrheense-see invloei vanaf Florence wat deel vorm van die uitstalling, Leonardo Da Vinci’s Codex Leicester: Water, the Microscope of Nature. Dié uitstalling is in die Aula Magliabechiana van die Uffizi-galerye in Florence, Italië, te sien en sal op 30 Oktober open. Dié uitstalling dien as ’n voorskou vir die Leonardo-vieringe wat in 2019 sal afskop ter ere van die 500ste herdenking van Da Vinci se dood. (Foto: Claudio Giovannini, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.