Die wêreld in foto’s – 29 September 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Te midde van die Covid-19-pandemie het ʼn vuurpylaanval in Irak die lewe van talle mense geëis en twee slagoffers ernstig beseer.

ʼn Katyusha-vuurpyl het Maandag ʼn huis in die omgewing van die Bagdad-lughawe getref.

Dit is die eerste aanval in maande waarin burgerlikes dood is, sê die Irakse weermag.

Mense bid tydens ʼn begrafnis van die slagoffers van ʼn vuurpylaanval in Irak. (Foto: Khalid Mohammed, AP)

Die buurt naby die Bagdad-lughawe waar die vuurpyl verwoesting gesaai het. (Foto: Khalid Mohammed, AP)

ʼn Man staan in sy huis te midde van die skade wat tydens die aanval aangerig is. (Foto: Khalid Mohammed, AP)

Die plek waar die Katyusha-vuurpyl ontplof het, het ʼn krater in die grond gelaat. (Foto: Khalid Mohammed, AP)

Die vuurpylaanval het ʼn gebou naby die Bagdad-lughawe beskadig. (Foto: Khalid Mohammed, AP)

ʼn Huis wat beskadig is in die vuurpylaanval in Irak. (Foto: Khalid Mohammed, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae